Andcore Daagliks

Internasionaal

Sedert die vorige sessie het Amerikaanse somergraan pryse afwaarts verhandel, terwyl lentekoring goeie ondersteuning gevind het.

Corn pryse het sedert Vrydag geval tot onder die 20-dae bewegende gemiddeld.

Verliese kan moontlik die week beperk word voor die USDA se WASDE verslag van Dinsdag. Kenners beweer dat die produksie van mielies afwaarts aangepas kan word vanaf 14.996 biljoen skepel tot 14.973 biljoen skepel.

Verliese word verder beperk deur swaar reën in China wat die oesproses vertraag, sowel as kommer oor graadprobleme. Die oesproses vorder ook stadiger as normal in Frankryk, Europa se grootste mielieprodusent, wat tans 7% klaar gestroop is, 40% onder die vorige seisoen se tempo.

Sojapryse het sedert die vorige sessie onder druk gekom deur nog ‘n rondte tegniese verkope. Pryse kan moontlik verder onder druk geplaas word deur die markverwagting dat die USDA tydens die WASDE verslag die produksie van sojas vanaf 4.374 biljoen skepel tot 4.415 biljoen skepel opwaarts kan aanpas.

Koringpryse in geheel het sedert die vorige week afwaarts verhandel as gevolg van nog tegniese verkope, terwyl lentekoring tot nuwe hoogtes geklim het met bemarkers wat bekommerd is oor opbrengste en voorraad die seisoen.

 

Die Oekraïne het byna 358 miljoen skepel koring gedurende die 2020/21 bemarkingsjaar uitgevoer. Boonop het die Oekraïne se winterkoringoes vir 2022 ‘n plantvordering van 46% bereik, met 16,507 miljoen beplante akker, 9.5% meer akker as die vorige seisoen.

 

Pryse het verder ondersteuning gevind deur Japan se aankope van 4.8 miljoen skepel koring, vir menslike gebruik, tydens ‘n internasionale tender, waarvan 46% afkomstig is vanaf die VSA vir lewering tussen 21 November en 20 Desember.

Share on facebook
Facebook
Share on linkedin
LinkedIn
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on email
Email

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *