Andcore Daagliks

Internasionaal

 

Pryse het weereens negatief verhandel na nog ‘n rondte tegniese verkope. 

Corn pryse het sedert die vorige sessie afwaarts verhandel na markdeelnemers groot posisies gesny het na Dinsdag se WASDE verslag.

 

Private uitvoerders het uitvoere van 6.4 miljoen skepel vir lewering in die 2021/22 bemarkingsjaar bekend gemaak aan die USDA.

 

Pryse word verder onder druk geplaas deur goeie oesvordering. Tans is die VSA se stroopproses 41% voltooid, in vergelyking met die vorige week se 29% en 2% bo die vorige seisoen, waarvan 60% in ‘n goeie-tot-uitstekende toestand is.

 

Sojapryse het sedert gister weereens onder druk gekom met fondse wat netto verkopers van sojas was.

 

Private uitvoere van 12.1 miljoen skepel vir lewering aan China, sowel as 7.3 miljoen skepel vir lewering aan onbekende bestemmings was gister aan die USDA gerapporteer.

 

Die stroopproses is 49% voltooid, ver agter die vorige seisoen, maar steeds 9% bo die 5-jaar gemiddeld. Die kwaliteit van die oes het 1% toegeneem sedert die vorige week tot 59% goed-tot-uitstekend.

 

Pryse vind verdere druk met tekens dat Chinese invoere kan afneem, na aanleiding van September se invoere wat met 30% geval het tot 252.8 miljoen skepel.

Koringpryse het sedert die vorige sessie afwaarts verhandel.

 

Die aanplantingsproses vir die week geëindig 10 Oktober was 60% voltooid, 13% verder as die vorige week.

 

Rusland se 2021 koringoes is oor 67.213 miljoen akker voltooid met ‘n produksie van 2.807 biljoen skepel.

 

Verliese word wel beperk deur Iran se rekord aankope die jaar. Daar word verwag dat Iran 294 miljoen skepel kan invoer aangesien die plaaslike produksie met meer as ‘n derde onder die historiese gemiddeld geval het.

This website is intended for general information purposes only. Information, ideas and opinions expressed on the website should not be regarded as the official opinion of or as professional advice from Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd. The user is strongly advised to first seek professional advice before acting on any content on the website. The user’s use of this website and the content contained on the website is entirely at the user’s own risk and the user assumes full responsibility and risk of loss arising from the use thereof. Although Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd makes every reasonable effort to ensure the currency, accurateness, and completeness of the content on the website, on date of publication, Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd does not warrant or represent same. To the extent permissible by law, Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd, its affiliates, shareholders, agents, consultants or employees shall not be liable for any damages whatsoever, including without limitation any direct, indirect, special, incidental, consequential or punitive damages, howsoever arising (whether in an action arising out of contract, delict, statute or otherwise) related to the use of or the inability to access or use the content of the website, or any linked website.
Share on facebook
Facebook
Share on linkedin
LinkedIn
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on email
Email

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *