Andcore Daagliks

Internasionaal

Amerikaanse somergewaspryse word onder druk geplaas na die WASDE verslag wat gister gepubliseer was, terwyl koringpryse ondersteuning gevind het. Daar word verdere nat weer voorspel oor ‘n groot gedeelte van die graanbelt vir die res van die week.

Corn pryse het byna 1.75% afwaarts verhandel sedert die vorige sessie na
die USDA se verwagting in die WASDE verslag die 2de grootste mielie-oes verwag
teen 15.019 biljoen skepel.

 

Pryse was verder onder druk geplaas na private uitvoerders uitvoere van
6.5 miljoen skepel gerapporteer het vir lewering aan Mexiko gedurende die
2021/22 seisoen.

 

Mielie-uitvoere vir die week geëindig 7 Oktober het effens afgeneem tot
29.4 miljoen skepel, met Mexiko as top bestemming.

 

Europa se mielie-invoere blyk om steeds agter die vorige seisoen te wees
teen 149.2 miljoen skepel vir die week geëindig 10 Oktober.

 

Sojapryse het sedert die vorige sessie afwaarts verhandel na nog ‘n
rondte tegniese verkope.

 

Die USDA het die produksie van sojas opwaarts aangepas met 75 miljoen
skepel, met ‘n gemiddelde opbrengs verwagting van 51.5 skepel per akker in
gister se WASDE verslag.

 

 

Uitvoerinspeksies vir sojas het nuwe hoogtes gesien verlede week teen 59.2 miljoen skepel, ver bo markverwagting, met China as die top bestemming.

Koringpryse het opwaarts verhandel na fondse netto kopers van koring was.

 

Pryse het verdere ondersteuning gevind na die USDA Amerikaanse eindvoorraad met 35 miljoen skepel verlaag het, die laagste sedert 2007/08.

 

Winste word wel beperk deur die nuutste uitvoerinspeksie wat tot 16 miljoen skepel gedaal het, met Japan steeds as die top bestemming.

 

Europese uitvoere vir die 2021/22 bemarkingsjaar het 307.5 miljoen skepel bereik vir die week geëindig 10 Oktober. Frankryk het hul verwagting vir die 2021 seisoen met 2.5% verklein tot 1.293 biljoen skepel.

This website is intended for general information purposes only. Information, ideas and opinions expressed on the website should not be regarded as the official opinion of or as professional advice from Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd. The user is strongly advised to first seek professional advice before acting on any content on the website. The user’s use of this website and the content contained on the website is entirely at the user’s own risk and the user assumes full responsibility and risk of loss arising from the use thereof. Although Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd makes every reasonable effort to ensure the currency, accurateness, and completeness of the content on the website, on date of publication, Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd does not warrant or represent same. To the extent permissible by law, Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd, its affiliates, shareholders, agents, consultants or employees shall not be liable for any damages whatsoever, including without limitation any direct, indirect, special, incidental, consequential or punitive damages, howsoever arising (whether in an action arising out of contract, delict, statute or otherwise) related to the use of or the inability to access or use the content of the website, or any linked website.
Share on facebook
Facebook
Share on linkedin
LinkedIn
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on email
Email

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *