Andcore Daagliks

Internasionaal

Sedert die vorige sessie het CBOT pryse gemeng verhandel, met markdeelnemers wat hulself posisioneer voor vandag se WASDE verslag.

Corn pryse het sedert gister se verhandelingssessie opwaarts verhandel met fondse wat netto kopers van mielies was.

 

Die markverwagting is dat die USDA vandag mielieproduksie afwaarts kan aanpas vanaf 14.996 biljoen skepel tot 14.973 biljoen skepel, met ‘n verwagte gemiddelde opbrengs van 176 skepel per akker. Die beraming toon ‘n voorraad-tot-gebruiks verhouding van 9.7%, ‘n 0.2% toename sedert die vorige skatting.

 

Brasil se stroopproses wat versnel beperk winste en is tans 38% voltooid, 5% meer as die vorige week en slegs 1% onder die vorige seisoen se vordering.

 

Sojapryse het ‘n daling van meer as 1% getoon met fondse wat netto verkopers van sojas was voor die WASDE verslag.

 

Kenners beweer dat die USDA in vandag se verslag Amerikaanse eindvoorraad kan opwaarts aanpas vanaf 185 miljoen skepel, tot 300 miljoen skepel. Verder word daar verwag dat produksie opwaarts aangepas kan word tot 4.415 biljoen skepel, met ‘n verwagte gemiddelde opbrengs van 51.1 skepel per akker.

 

Pryse het verdere druk ervaar na Brasilië se oesvorderings verslag bekend gemaak het dat Brasilië 10% klaar geplant is, teenoor die vorige seisoen se 3% vir dieselfde tydstip.

Koringpryse in geheel het laer verhandel, alhoewel lentekoring steeds ondersteun word deur bekommernis in die mark.

 

Die markverwagting is dat die USDA koringvoorraad afwaarts kan aanpas vanaf 615 miljoen skepel tot 576 miljoen skepel.

 

Rusland, die wêreld se top uitvoerder van koring, se uitvoere vanaf Januarie tot Augustus het 709.7 miljoen skepel beloop, effens laer as die vorige jaar. Intussen het Rusland hul beraming vir die 2021 seisoen afwaarts aangepas tot ‘n totale produksie van 2.774 biljoen skepel.

 

Die VSA verwag wel ‘n groter koringoes, byna 45% groter as die vorige seisoen, wat die koringpryse onder druk kan plaas.

This website is intended for general information purposes only. Information, ideas and opinions expressed on the website should not be regarded as the official opinion of or as professional advice from Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd. The user is strongly advised to first seek professional advice before acting on any content on the website. The user’s use of this website and the content contained on the website is entirely at the user’s own risk and the user assumes full responsibility and risk of loss arising from the use thereof. Although Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd makes every reasonable effort to ensure the currency, accurateness, and completeness of the content on the website, on date of publication, Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd does not warrant or represent same. To the extent permissible by law, Andcore Agri Solutions (Pty) Ltd, its affiliates, shareholders, agents, consultants or employees shall not be liable for any damages whatsoever, including without limitation any direct, indirect, special, incidental, consequential or punitive damages, howsoever arising (whether in an action arising out of contract, delict, statute or otherwise) related to the use of or the inability to access or use the content of the website, or any linked website.
Share on facebook
Facebook
Share on linkedin
LinkedIn
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on pinterest
Pinterest
Share on email
Email

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *